Besonderhede:
#Gebedsversoek: Bid asb saam ons vir ons Seun wat op hierdie oomblik veg vir sy lewe in Steve Bico
Katrien Booyse Gouws
Ons Seun het gister gekla van hoofpyn en hys grieperig vanoggend was hy deur mekaar omdat hy diabeties is het ek gedink dis die suiker wat hoog of laag is. Toe vat ek hom na my kamer om alles te toets terwyl hy op die bed le begin hy ruk en kry sy eerste hartaanval en sy hart gaan staan. Ek het sy hart weer aan die klop gekry. Sy tweede een was in die ambulans sy derde een in die Hosp. Op die oomblik doen hul toetse en ons wag hier buite om te hoor wat alles veroorsaak het
Ons Seun se bloedruk weer gevaarlik hoog. Hy gaan weer n cct scans kry en brein Dr sien hom vandag. Moet asb nie opbou bid saam ons nie. Dankie vir almal wat ons so by staan met soveel liefde sonder julle weet ek nie hoe ons hierdeur kan kom nie. Alles eet aan God wat we'll sy genesende hand gaan insist by ons Seun. Amen
Opvolg 31 Julie 2017:
Steven het toe ek met hom praat vanmiddag sy oe oop en toe gemaak. 😭😭😭 so so bly maar hy is nog in gevaar bloedruk nog vreeslik hoog. Dankie vir almal wat nogsteeds saam ons bid
🔴https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=1471782552885358&id=100001608820925
Ons kind in ICU hy maak darem sy oe rukkies oop nou. Pryse die Here. Sy bloedruk nog gevaarlik hoog wat sy toestand kretiek maak
Opvolg 01/08/2017:
Vandag sit ek n mooi foto van Steven op. Ek wil vir almal vandag ook se dat ons Seun sekerlik in een van die beste staats hospitale is. Hy kry die beste sorg wat ons nog voor kon vra. Sy toestand is kretiek en ons vra almal om asb nie op te hou bid nie. Here ons bid vir U hand van genesing oor ons Seun Here gee die dokters en die verpleeg personeel wysheid. Here dankie vir die Hosp waar in ons kind is en dankie dat U daar die personnel in die holte van U hand het. Amen. Dankie vir die puik versoring wat aan my kind gegee word
Karien Booyse Gouws
Opmerkings
Plaas 'n opmerking