Die Buiteplaas te Bloemfontein

(Lees asseblief tot heel onder)
Geagte Familie, vriende en kennisse.

Die Buiteplaas is in die lewe geroep met die doel om vir stadsgesinne die geleentheid te bied om plaaslewe te ervaar en te ontspan.
Daar is hope pret vir oud en jonk, met 'n ruim speelarea waar die kinders kan swaai, klim, klouter en trekker ritte ry. 

Kinders en volwasses kan vir die diere kos gee wat deur Die Buiteplaas beskikbaar gestel word. Braai en kroeggeriewe, asook restaurantfasiliteite is beskikbaar.

Spyseniering word gebied, teen 'n billike tarief vir verjaarsdagpartytjies met vooraf bespreking.

U hulp word dringend benodig om hierdie unieke fasiliteit met vriendelike diens, in 'n veilige area, te ondersteun met die volgende:
As gevolg van die inperking, is Die Buiteplaas se deure gesluit en is tans afhanklik van donasies om die diere van voedsel te voorsien.

Sou u finansieël of andersins kan bydra, maak nie saak hoe groot of klein nie, sal dit baie waardeer word!

Die Buiteplaas se bankbesonderhede is soos volg:
Standard Bank
Rek nr: 041 201 671
Tak kode: 055534
Verwysing: dierevoer donasie en naam 












Lys van diere wat hulle het:
2 x Springbokke 
1 x Blesbok
4 x Kalfies 
2 x Skape 
2 x Angora bokke 
1 x Groot bok 
1 x Donkie 
1 x Ponie
1 x "Pot belly" vark 
1 x Bosvark 
Hasies 
Skikpaaie 
2 x Poue 
4 x Tarentale 
4 x Makoue 
2 x Ganse 
4 x Eende 
1 x Kalkoen 
Omtrent 40 verskillende tiepe hoenders 
2 x Boerboele  
1 x "Boston terrier" r
1 x "Rescue" hondjie 

Die Buiteplaas het ook twee kompetisies geloods, hier is die besonderhede:

Kompetisie 1:





Kompetisie 2:



Die Buiteplaas kontakbesonderhede:
Belinda Neveling

Skakel: 0721434030


Ligging:
Old Ferreira Rd, 
Bloemdal Smallholdings, 
Bloemfontein,
GPS Köordinate: -29.177200, 26.191282


Gaan hou gerus van Die Buiteplaas Facebook-Blad!!


Opmerkings